1 Samuel 3:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Samuel het tot die môre toe gelê en die deure van die huis van die HERE oopgemaak. En Samuel was bang om vir Eli die gesig te wys. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Samuel het tot die oggend bly lê. Toe het hy opgestaan en soos gewoonlik die deure van die heiligdom van die Here oopgemaak. Hy was bang om vir Eli te vertel wat die Here vir hom gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Samuel het bly lê tot die môre toe. En hy het die deure van die huis van die HERE oopgemaak; maar Samuel was bevrees om die gesig aan Eli mee te deel. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het Samuel gaan lê tot die oggend, en toe die deure van die huis van die Here oopgemaak. Hy was bang om die openbaring aan Eli te gaan vertel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Samuel het bly lê tot die oggend, en hy het die deure van die huis van die Here oopgemaak. Maar Samuel was bang om vir Eli van die verskyning te vertel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Samuel het tot die oggend op sy bed gelê. Toe het hy die deure van die tempel oopgemaak. Hy was bang om vir Eli te vertel wat die Here vir hom kom sê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Samuel het tot die môre bly lê en die deure van die Here se tempel oopgemaak. Hy was te bang om vir Eli te vertel wat in die nag gebeur het. |