1 Samuel 3:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daarom het Ek aan die huis van Eli gesweer dat die ongeregtigheid van die huis van Eli vir ewig nie gereinig sal word deur slagoffer of spysoffer nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom lê Ek ’n eed af dat die sondes van Eli en sy seuns nooit deur diere-offers of graanoffers versoen sal word nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En daarom sweer Ek aangaande die huis van Eli: Waarlik die ongeregtigheid van die huis van Eli sal tot in ewigheid nie deur slagoffer of spysoffer versoen word nie. |
| Afrikaans 1983 | Daarom bevestig Ek met 'n eed aangaande die familie van Eli: die ongeregtigheid van Eli se familie sal sekerlik nooit deur diereoffer of graanoffer versoen word nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom lê Ek 'n eed af teenoor die huis van Eli: Die sondeskuld van Eli se huis sal vir ewig nie versoen kan word deur slagoffer en •graanoffer nie. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom het Ek gesê: Ek sal die sonde van Eli se familie nooit vergewe nie, ook nie wanneer hulle offers en presente vir My bring nie. Wat Ek gesê het, sal gebeur.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom het Ek vir Eli se familie gesweer: die sonde van Eli se familie sal nooit reggestel kan word met enige offer nie.” |