1 Samuel 3:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel, Samuel! Toe antwoord Samuel: Spreek; want u kneg luister. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here kom staan toe daar en roep soos die vorige kere: “Samuel, Samuel!” Samuel het geantwoord: “Ja, Here, u dienaar luister.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die HERE gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel, Samuel! En Samuel het geantwoord: Spreek, want u kneg hoor. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel, Samuel!” En Samuel sê: “Praat, Here, u dienaar luister!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het gekom en gaan staan, en geroep soos die vorige kere: “Samuel! Samuel!” Samuel het geantwoord: “Spreek, want u dienskneg luister.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gekom en Hy het daar gestaan en weer geroep: “Samuel! Samuel!” Samuel het gesê: “Praat asseblief, ek is u dienaar en ek luister.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel! Samuel!” Toe antwoord Samuel: “Praat maar, u dienaar luister.” |