1 Samuel 3:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die seun Samuel het die HERE voor Eli gedien. En die woord van die HERE was kosbaar in dié dae; daar was geen oop visie nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Intussen het die seun Samuel die Here gedien onder Eli se toesig. In daardie tyd was boodskappe van die Here baie skaars en visioene was seldsaam.
Afrikaans 1933/1953 En die seun Samuel het die HERE gedien voor Eli, en die woord van die HERE was skaars in die dae: gesigte was daar nie baie nie.
Afrikaans 1983 Die seun Samuel het die Here gedien onder toesig van Eli. Die woord van die Here is in daardie tyd min gehoor, daar was nie dikwels openbarings nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die seun Samuel was in diens van die Here onder toesig van Eli. 'n Woord van die Here was seldsaam in daardie dae; geen visioene het voorgekom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die seun Samuel het vir die Here gewerk saam met Eli. In daardie tyd het die Here min met mense gepraat en Hy het nie baie maal vir hulle iets gewys nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die seuntjie Samuel het onder Eli se toesig in die tempel gehelp. Die woord van die Here was skaars in dié tyd. Die Here het met niemand gepraat nie.