1 Samuel 29:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe antwoord Akis en sê vir Dawid: Ek weet dat jy goed is in my oë soos 'n engel van God; alhoewel die vorste van die Filistyne gesê het: Hy mag nie saam met ons na die geveg optrek nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Akis antwoord: “Wat my betref, is jy so goed soos ’n boodskapper van God. Maar die bevelvoerders is bang om jou saam met hulle in die geveg toe te laat.
Afrikaans 1933/1953 Maar Agis het Dawid geantwoord en gesê: Ek weet dat jy goed is in my oë soos 'n engel van God, maar die owerstes van die Filistyne sê: Hy mag nie met ons saam optrek in die geveg nie.
Afrikaans 1983 Akis het geantwoord en Dawid verseker: “Ek is oortuig dat jy so opreg is as 'n boodskapper van die gode. Dis net dat die leiers van die Filistyne gesê het: ‘Hy mag nie saam met ons in die oorlog optrek nie.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Agis antwoord toe en sê vir Dawid: “Ek weet dit. Ja, jy is in my oë so goed soos 'n boodskapper van God; maar die Filistynse bevelvoerders het gesê, ‘Hy mag nie saam met ons in die oorlog optrek nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Akis het vir Dawid gesê: “Ek weet jy was vir my so goed soos 'n engel van God. Maar die leiers van die Filistyne het gesê jy mag nie saam met hulle gaan oorlog maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Akis het hom geantwoord: “Ek weet, ek weet! Vir my was jy soos ’n engel uit die hemel! Maar die Filistynse regeerders het gesê jy mag nie saam met ons oorlog toe gaan nie.