1 Samuel 29:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Akis Dawid geroep en vir hom gesê: Waarlik, so waar as die HERE leef, jy was opreg, en jou uit- en ingaan saam met my in die leër is goed in my oë; want ek het sedertdien geen kwaad in jou gevind nie die dag van u koms na my toe tot vandag toe; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe roep Akis vir Dawid. “So waar as die Here leef,” sê hy, “jy is betroubaar en getrou in alles wat jy doen. Vandat jy by my is tot nou toe het jy niks verkeerds gedoen nie. Ek dink julle is reg, maar die Filistynse vorste wil niks van jou weet nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Agis het Dawid toe geroep en aan hom gesê: So waar as die HERE leef, sekerlik, jy is opreg, en jou uitgang en jou ingang in die leër met my saam is goed in my oë; want ek het geen kwaad in jou gevind van die dag af dat jy na my gekom het tot vandag toe nie. Maar in die oë van die vorste is jy nie goed nie. |
| Afrikaans 1983 | Akis het toe vir Dawid geroep en vir hom gesê: “So seker as die Here leef, jy is opreg. Ek vind dit goed dat jy saam met my gaan veg, want vandat jy by my gekom het tot nou toe, het ek niks verkeerds by jou gevind nie, maar jy is nie aanvaarbaar vir die regeerders nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Agis het Dawid toe ontbied en vir hom gesê: “So waar as die Here leef, jy is opreg. Dit is goed in my oë dat jy saam met my in die oorlog uittrek en terugkeer; want ek het niks verkeerds in jou gevind nie, van die dag af dat jy by my aangekom het tot vandag toe. Maar in die oë van die Filistynse regeerders is jy nie goed nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Akis het toe vir Dawid geroep en hy het vir Dawid gesê: “So seker soos die Here lewe, jy is 'n goeie man en ek dink dit is reg dat jy saam met my gekom het om oorlog te maak, want jy het niks verkeerd gedoen nie, vandat jy by my gekom het tot vandag toe. Maar die leiers dink dit is nie reg nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Akis het Dawid laat roep en vir hom gesê: “So waar as die Here leef, jy is betroubaar en ek dink dis goed dat jy op al ons veldtogte saam met my is, want vandat jy by my gekom het tot nou, het jy, wat my betref, nog niks verkeerds gedoen nie. Maar die regeerders van die Filistynse stadstate vertrou jou nie. |