1 Samuel 29:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is dit nie Dawid van wie hulle in danse gesing het en gesê het: Saul het sy duisende gedood en Dawid sy tienduisende nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Dis mos dieselfde Dawid oor wie die vroue van Israel in hulle koordanse gesing het: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!”
Afrikaans 1933/1953 Is dit nie die Dawid nie, van wie hulle in die koordanse gesing en gesê het: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tien duisende?
Afrikaans 1983 Dit is mos die Dawid van wie hulle in koordanse sing: “Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is dit dan nie Dawid, vir wie hulle in hulle kringdanse sing nie? “ ‘Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is hierdie Dawid oor wie hulle dans en sing en sê: “ ‘ Saul het duisende manne oorwin, maar Dawid het tienduisende oorwin.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dis mos hierdie einste Dawid oor wie die vroue sing as hulle in die rondte dans: ‘Saul het duisende verslaan en Dawid tien duisende.’”