1 Samuel 29:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die vorste van die Filistyne: Wat doen hierdie Hebreërs hier? Toe sê Agis aan die vorste van die Filistyne: Is dit nie Dawid, die dienaar van Saul, die koning van Israel, wat deesdae of hierdie jare by my was nie, en ek het geen skuld by hom gevind vandat hy aan my oorval het nie op hierdie dag? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe vra die Filistynse bevelvoerders: “Wat maak hierdie Hebreërs hier?” Akis sê vir hulle: “Dit is Dawid, die onderdaan van Saul, koning van Israel. Hy is nou al ’n geruime tyd by my. Sedert hy na my toe uitgewyk het, kon ek nog geen fout by hom vind nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | vra die owerstes van die Filistyne: Wat soek hierdie Hebreërs? En Agis sê aan die owerstes van die Filistyne: Dit is mos Dawid, die onderdaan van Saul, die koning van Israel, wat nou al dae of al jare by my is, sonder dat ek iets in hom gevind het van die dag af dat hy oorgeloop het, tot vandag toe. |
| Afrikaans 1983 | het die leiers van die Filistyne gesê: “Wat maak hierdie Hebreërs hier?” Akis het vir die leiers van die Filistyne gesê: “Dit is maar net Dawid, die onderdaan van koning Saul van Israel, wat al geruime tyd by my is. Vandat hy afvallig geword het tot nou toe het ek niks teen hom gevind nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die bevelvoerders van die Filistyne sê toe: “Wat van hierdie Hebreërs? ” Waarop Agis vir die Filistynse bevelvoerders sê: “Is dit nie Dawid, die dienaar van Saul, die koning van Israel, wat al 'n geruime tyd by my is nie? Ek kon niks teen hom vind nie, van die dag af dat hy oorgeloop het tot vandag toe.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die leiers van die Filistyne vra toe: “Hoekom is hierdie Hebreërs hier?” Akis het vir die leiers gesê: “Dit is Dawid, hy was 'n amptenaar van Saul, die koning van Israel. Hy was 'n lang tyd by my, en hy het niks verkeerd gedoen nie, nooit nie, vandat hy weggegaan het van Saul en na ons toe gekom het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Filistynse regeerders sê toe: “Maar wat soek hierdie klomp Hebreërs hier?” Waarop Akis hulle antwoord: “Dis mos Dawid, een van Saul, die koning van Israel, se offisiere. Hy is al ’n hele ruk by my. Vandat hy van Saul af weggeloop het tot vandag toe kon ek nog nie met hom fout vind nie.” |