1 Samuel 29:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vorste van die Filistyne het deurgetrek met honderde en by duisende, maar Dawid en sy manne het in die beloning saam met Akis getrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Filistynse bevelvoerders het hulle soldate in groepe van 100 en 1 000 laat uittrek. Dawid en sy manne het die agterhoede van koning Akis gevorm. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die vorste van die Filistyne by honderde en by duisende verbytrek, maar Dawid en sy manne in die agterhoede met Agis saam verbytrek, |
| Afrikaans 1983 | Terwyl die regeerders van die Filistyne met honderde en duisende verbytrek en Dawid en sy manne heel laaste saam met Akis verbygaan, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl die Filistynse regeerders in eenhede van honderd en duisend verbytrek, het Dawid en sy manne heel agter saam met Agis verbygetrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die leiers van die Filistyne het hulle manne laat verbyloop in groepe. In party groepe was daar 100 manne en in party groepe was daar 1 000 manne. Dawid en sy manne het laaste verbygeloop saam met Akis. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die regeerders van die Filistynse stadstate het met hulle leërafdelings van honderde duisende man uitgetrek. Dawid en sy manne het saam met Akis die agterhoede gevorm. |