1 Samuel 29:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dawid en sy manne het toe vroeg opgestaan om in die môre te vertrek om terug te keer na die land van die Filistyne. En die Filistyne het opgetrek na Jísreël. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid en sy manskappe is toe vroegoggend terug na die land van die Filistyne toe, terwyl die Filistynse leër na Jisreël opgetrek het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het vroeg klaargemaak, hy en sy manne, om in die môre heen te gaan, om terug te trek na die land van die Filistyne; maar die Filistyne het opgetrek na J¡sreël. |
| Afrikaans 1983 | Toe het Dawid en sy manne klaargemaak om vroeg die môre te vertrek en terug te gaan na die land van die Filistyne toe. Maar die Filistyne het na Jisreël toe opgetrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het toe vroeg opgestaan, hy en sy manne, om in die oggend te vertrek en terug te gaan na die land van die Filistyne. Toe het die Filistyne opgeruk na Jisreël. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid en sy manne het toe vroeg die volgende oggend opgestaan, en hulle het teruggegaan na Filistyne-land. Die Filistyne het na die stad Jisreël gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid en sy manne het toe vroeg opgestaan en na die gebied van die Filistyne teruggegaan. Die Filistyne het daarna teen die Israeliete in Jisreël gaan veg. |