1 Samuel 29:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom moet jy nou vroeg in die môre opstaan met die dienaars van jou heer wat saam met jou gekom het; en sodra julle vroeg in die môre opstaan en lig het, gaan weg.
Afrikaans (NLV) 2011 “Staan nou môre-oggend vroeg op en vertrek saam met jou manskappe voordat dit lig word.”
Afrikaans 1933/1953 Maak jou dan nou môre vroeg klaar met die dienaars van jou heer wat met jou saamgekom het. Julle moet dus môre vroeg klaarmaak, en as dit vir julle lig word, trek dan weg.
Afrikaans 1983 Maak dan nou môreoggend klaar, ook jou koning se onderdane wat saam met jou gekom het; julle moet môre voordag klaarmaak en as dit lig word, moet julle vertrek.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Staan nou môre vroeg op, jy en die dienaars van jou heer wat saam met jou gekom het. Julle moet vroeg môre opstaan, en as dit lig genoeg is, moet julle vertrek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom, jy en jou koning se manne wat saam met jou gekom het, moet vroeg opstaan wanneer dit môre lig word en julle moet teruggaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maak nou môre vroeg klaar, jy en al Saul se onderdane wat saam met jou gekom het, en dan vertrek julle sodra dit lig word.”