1 Samuel 29:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Filistyne het al hulle leërs by Afek versamel, en die Israeliete het laer opgeslaan by 'n fontein wat in Jísreël is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hele Filistynse leër het by Afek saamgetrek, terwyl die Israeliete by die fontein in Jisreël kamp opgeslaan het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Filistyne het hulle hele leër by Afek versamel, terwyl Israel laer opgeslaan het by die fontein wat by J¡sreël is. |
| Afrikaans 1983 | Die Filistyne het hulle hele leër bymekaargemaak by Afek, en Israel het kamp opgeslaan by die fontein in Jisreël. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Filistyne het hulle hele leër by Afek byeengebring, en Israel het kamp opgeslaan by die fontein in Jisreël. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Filistyne het hulle manne laat bymekaarkom by die stad Afek, en die Israeliete het hulle tente opgeslaan by die fontein naby die stad Jisreël. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Filistyne het al hulle manskappe by Afek bymekaargebring. Die Israeliete se kamp was by die fontein wat in die Jisreëlvlakte is. |