1 Samuel 28:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vrou sê vir hom: Kyk, jy weet wat Saul gedoen het, hoe hy die geeste van afgestorwenes en die towenaars uit die land uitgeroei het; daarom lê jy dan 'n strik vir my lewe om my sterf?
Afrikaans (NLV) 2011 “Nee!” sê die vrou. “Jy weet mos dat Saul alle dodebesweerders en waarsêers uit die land verban het. Hoekom stel jy vir my ’n strik sodat ek moet sterf?”
Afrikaans 1933/1953 Maar die vrou sê vir hom: Jy weet tog self wat Saul gedoen het; hoe hy die dodebesweerders en waarsêers uit die land uitgeroei het. Waarom stel jy dan 'n val vir my op om my dood te maak?
Afrikaans 1983 Maar die vrou het vir hom gesê: “Jy weet baie goed wat Saul gedoen het en dat hy die dodebesweersters en waarsêers in die land uitgeroei het. Waarom stel jy vir my 'n lokval om my dood te maak?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vrou sê egter vir hom: “Kyk, jy weet self wat Saul gedoen het, dat hy die oproepers van geeste en waarsêers in die land uitgeroei het. Waarom is jy besig om vir my 'n strik te stel om my dood te maak?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die vrou het vir Saul gesê: “Luister na my, jy weet self wat Saul gedoen het. Hy het die vroue wat met die geeste van dooie mense praat en die waarsêers uit die land gejaag. Hoekom wil jy hê ek moet iets doen waaroor hy my sal doodmaak?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vrou sê vir hom: “Maar jy weet mos wat Saul gedoen het: hy het dié wat geeste oproep en die fortuinvertellers uit die land uitgeroei. Wil jy my laat doodmaak deur my in ’n lokval te lei?”