1 Samuel 28:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Saul het hom vermom en ander klere aangetrek, en hy het gegaan, en twee mans saam met hom, en hulle het in die nag by die vrou gekom; op, wie Ek vir jou sal noem.
Afrikaans (NLV) 2011 Saul het homself vermom en ander klere aangetrek. Vergesel van twee van sy manskappe het hy in die nag na die vrou se huis toe gegaan. “Raadpleeg vir my die gees van ’n afgestorwene,” sê hy. “Roep die een op wat ek vir jou sal sê.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Saul hom onkenbaar gemaak en ander klere aangetrek en weggegaan, hy en twee manne saam met hom. En toe hulle in die nag by die vrou aankom, sê hy: Voorspel tog vir my deur die gees van 'n afgestorwene en laat vir my opkom die een wat ek jou sal noem.
Afrikaans 1983 Saul het hom vermom en ander klere aangetrek, en hy en twee manne het gegaan en in die nag by die vrou aangekom en gesê: “Tree vir my as waarsegster op deur die gees van 'n afgestorwene, en laat vir my die een opkom wat ek vir jou sê.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul het homself vermom en ander klere aangetrek. Hy gaan toe, hy en twee manne saam met hom, en kom in die nag by die vrou aan. Hy sê toe: “Tree asseblief vir my as voorspeller op deur die gees van 'n dooie. Laat vir my dié een opkom wat ek vir jou sal sê.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het ander klere aangetrek sodat niemand kon sien wie hy is nie, en hy en twee manne het na die vrou toe gegaan. Hulle het in die nag by die vrou gekom, en Saul het vir haar gesê: “Jy moet vir my help, jy moet praat met die gees van 'n dooie man. Ek sal vir jou sê wie jy moet laat kom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul het homself vermom en gewone klere aangetrek. Hy en twee van sy werkers het in die nag na die vrou toe gegaan. Daar aangekom, sê hy vir haar: “Jy moet asseblief vir my iemand se gees oproep. Ek sal vir jou sê wie s’n.”