1 Samuel 28:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Saul vir sy dienaars: Soek vir my 'n vrou met 'n gees van afgestorwene, dat ek na haar kan gaan en haar raadpleeg. En sy dienaars sê vir hom: Kyk, daar is 'n vrou met 'n bekende gees in Endor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saul beveel toe sy amptenare: “Soek ’n vrou wat ’n dodebesweerder is sodat ek vir haar kan gaan vra wat om te doen.” Sy amptenare antwoord: “Daar is ’n dodebesweerder in En-Dor.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my 'n vrou wat 'n dodebesweerster is, dat ek na haar kan gaan en haar raadpleeg. En sy dienaars sê vir hom: Daar is 'n vrou, 'n dodebesweerster, in Endor. |
| Afrikaans 1983 | Saul het toe vir sy amptenare gesê: “Soek vir my 'n dodebesweerster sodat ek haar kan gaan raadpleeg.” Sy amptenare het vir hom gesê: “Daar is 'n dodebesweerster in En-Dor.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul sê toe vir sy amptenare: “Soek vir my 'n vrou wat mag het oor geeste, dat ek na haar kan gaan en haar kan raadpleeg.” Sy amptenare sê vir hom: “Kyk, daar is 'n vrou met 'n waarsêerput in En-Dor.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saul het toe vir sy amptenare gesê: “Julle moet vir my sê waar is 'n vrou wat met die geeste van dooie mense praat, ek wil vir haar vra wat ek moet doen.” Sy amptenare het vir hom gesê: “Daar is so 'n vrou in En-Dor.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sê toe vir sy amptenare: “Soek vir my ’n vrou wat geeste kan oproep. Ek wil na haar toe gaan en vir haar raad vra.” Sy amptenare sê toe vir hom: “Daar is ’n vrou in Endor wat geeste oproep.” |