1 Samuel 28:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Saul die HERE geraadpleeg het, het die HERE hom nie geantwoord nie, nie deur drome of deur Urim of deur profete nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die Here gevra wat hy moes doen, maar die Here het hom nie geantwoord nie, nie deur drome nie en ook nie deur die Urim of die profete nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Saul het die HERE geraadpleeg, maar die HERE het hom nie geantwoord nie -- nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die Here geraadpleeg, maar die Here het hom nie geantwoord nie, nóg deur drome, nóg deur die urim, nóg deur profete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul het die Here geraadpleeg, maar die Here het hom nie geantwoord nie, nóg deur drome, nóg deur die Urim, nóg deur die profete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vir die Here gevra wat hy moet doen, maar die Here het hom nie geantwoord nie. Die Here het nie met Saul gepraat in 'n droom of met die urim nie. Hy het ook nie vir die profete gesê wat hulle vir Saul moet sê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het vir die Here gevra wat hy moet doen, maar die Here het hom nie geantwoord nie. Hy kon nie deur drome of deur die heilige klippies of by profete ’n antwoord van die Here kry nie. |