1 Samuel 28:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Filistyne het bymekaargekom en gekom en laer opgeslaan in Sunem, en Saul het die hele Israel bymekaargemaak en laer opgeslaan in Gilboa. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Filistyne het hulle kamp by Sunem opgeslaan. Saul het al die Israeliete opgeroep en kamp opgeslaan by Gilboa. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het die Filistyne bymekaargekom en ingetrek en laer opgeslaan in Sunem. En Saul het die hele Israel versamel, en hulle het laer opgeslaan op Gilboa. |
| Afrikaans 1983 | Die Filistyne het bymekaargekom en kamp gaan opslaan by Sunem. Saul het die hele Israel bymekaargemaak en kamp opgeslaan by Gilboa. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Filistyne het toe byeengekom. Hulle het die land binnegeval en kamp opgeslaan by Sunem. Saul het die hele Israel byeengebring, en hulle het kamp opgeslaan by Gilboa. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Filistyne het bymekaargekom en hulle het hulle tente opgeslaan by die stad Sunem. Saul het al die Israeliete laat bymekaarkom en hy het sy tente opgeslaan op Gilboa-berg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Filistyne het bymekaargekom en by Sunem kamp opgeslaan. Saul het al die Israeliete op die Gilboaberg laat saamtrek. |