1 Samuel 28:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Samuel was dood, en die hele Israel het hom beklaag en hom in Rama begrawe, ja, in sy eie stad. En Saul het die geeste van afgestorwenes en die towenaars uit die land verdryf.
Afrikaans (NLV) 2011 Intussen het Samuel gesterf. Die hele Israel het oor hom gerou. Hy is in Rama, sy tuisdorp, begrawe. En Saul het al die dodebesweerders en waarsêers uit die land verban.
Afrikaans 1933/1953 En Samuel het gesterwe, en hulle het oor hom gerouklaag, die hele Israel, en hom begrawe in Rama, naamlik in sy stad. En Saul het die dodebesweerders en die waarsêers uit die land verwyder.
Afrikaans 1983 Samuel het te sterwe gekom, en die hele Israel het oor hom gerou en hulle het hom in sy stad Rama begrawe. Saul het ook die dodebesweersters en die waarsêers uit die land verban.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Samuel dood is, het die hele Israel oor hom gerou en hom begrawe in sy tuisdorp, in Rama. Saul het die oproepers van geeste en die waarsêers uit die land gesit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Samuel het voor daardie tyd gesterf. Al die Israeliete het oor hom gerou en hulle het hom begrawe in Rama, die stad waar hy gewoon het. Voor daardie tyd het Saul al die vroue wat met die geeste van dooie mense gepraat het en ook die waarsêers weggejaag uit die land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Samuel was dood en die mense het klaar oor hom getreur en hom in sy tuisdorp, Rama, begrawe. Intussen het Saul al die mense wat geeste oproep en die fortuinvertellers uit die land verban.