1 Samuel 28:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vrou het 'n vet kalf in die huis gehad; en sy het dit gou geslag en meel geneem en geknie en ongesuurde brode daarvan gebak.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vrou het ’n vet kalf by haar huis gehad. Sy het dit geslag, deeg geknie en ongesuurde brood gebak.
Afrikaans 1933/1953 En die vrou het 'n kalf in die stal by die huis gehad en dit gou geslag, en sy het meel geneem en geknie en daar ongesuurde koeke van gebak.
Afrikaans 1983 Die vrou het 'n kalf by die huis op stal gehad, en sy het dit gou gaan slag. Sy het ook meel gevat, dit geknie en ongesuurde brood gebak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vrou het by die huis 'n kalf op stal gehad, en sy het dit gou geslag. Sy het meel geneem, dit geknie en ongesuurde brood gebak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vrou het 'n vet jong bees by die huis gehad, en sy het dit gou geslag. Sy het meel geneem en geknie en ongesuurde brood gebak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vrou het ’n kalf in die stal by die huis gehad. Sy het die kalf so gou as wat sy kon, geslag. Sy het meel gevat, deeg aangemaak en platbrood gebak.