1 Samuel 28:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy het geweier en gesê: Ek sal nie eet nie. Maar sy dienaars, saam met die vrou, het hom gedwing; en hy het na hulle stem geluister. En hy het van die aarde af opgestaan en op die bed gaan sit.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Saul het geweier en gesê: “Ek wil nie eet nie!” Die manne saam met hom het soos die vrou hom ook aangepor om te eet. Hy het uiteindelik toegegee en van die grond af opgestaan en op die rusbank gaan sit.
Afrikaans 1933/1953 Maar hy het geweier en gesê: Ek wil nie eet nie. Maar toe sy dienaars en die vrou ook by hom aandring, het hy na hulle geluister en opgestaan van die grond af en op die bed gaan sit.
Afrikaans 1983 Maar hy het geweier en gesê: “Ek wil nie eet nie.” Sy manne en ook die vrou het by hom aangedring totdat hy hulle hulle sin gegee het. Hy het van die grond af opgestaan en op die bed gaan sit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hy het geweier en gesê: “Ek gaan nie eet nie.” Sy dienaars en ook die vrou het egter by hom aangedring. Hy het toe na hulle geluister, van die grond af opgestaan en op die bed gaan sit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Saul wou dit nie doen nie, hy het gesê: “Nee, ek sal nie eet nie.” Maar sy manne en die vrou het aangehou sê hy moet eet, toe het Saul geluister na hulle. Hy het opgestaan en hy het op 'n bank gaan sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hy het geweier en gesê: “Ek wil nie eet nie!” Die twee werkers wat saam met hom was en die vrou het só by hom aangehou dat hy naderhand na hulle geluister en van die grond af opgestaan het. Hy het op die bed gaan sit.