1 Samuel 28:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Luister tog nou tog ook na die stem van u dienares, en laat my 'n stukkie brood voor u voorsit; en eet, dat jy krag kan hê as jy op pad gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Doen nou ook wat ek sê. Laat my iets vir u gee om te eet sodat u sterk kan word vir die terugreis.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En nou moet u self tog luister na u dienares, en laat ek u 'n stukkie brood voorsit, en eet, dat daar krag in u kan wees as u verder gaan. |
| Afrikaans 1983 | Gee dan tog nou toe aan my versoek, en laat ek vir u 'n stukkie kos voorsit. Eet dan, sodat daar weer krag in u kom en u verder kan gaan.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Luister u dan nou ook asseblief na u slavin. Laat ek 'n stukkie brood voor u neersit, sodat u kan eet. U moet krag hê, omdat u op u pad moet gaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nou moet jy luister na mý. Ek sal vir jou 'n bietjie kos bring sodat jy kan eet en sterk kan word voordat jy verder gaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nou moet u asseblief ook na mý luister: laat ek vir my koning ’n stukkie brood bring dat u weer krag kan kry vir die pad wat voorlê.” |