1 Samuel 28:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe val Saul dadelik oral op die aarde en was baie bevrees vanweë die woorde van Samuel, en daar was geen krag in hom nie; want hy het die hele dag en ook nie die hele nag brood geëet nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saul het uitgestrek op die grond neergeval, lam van vrees oor die woorde van Samuel. Hy was ook flou van honger, want hy het die hele dag en nag niks geëet nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Saul het plotseling in sy volle lengte op die grond geval en baie bevrees geword deur die woorde van Samuel; buitendien was daar geen krag in hom nie, want hy het die hele dag en die hele nag geen brood geëet nie. |
| Afrikaans 1983 | Saul het meteens in sy volle lengte op die grond neergeslaan en hy het baie bang geword vanweë die woorde van Samuel. Hy het geen krag gehad nie, want hy het die hele dag en nag nie geëet nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul het dadelik in sy volle lengte op die grond neergeval. Hy was angsbevange oor die woorde van Samuel. Daar was ook geen krag oor in hom nie, want hy het die hele dag en nag niks geëet nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saul het plat op die grond geval. Hy was baie bang oor wat Samuel gesê het. Hy was ook swak, want hy het die hele dag en nag niks geëet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Saul hoor wat Samuel sê, het hy só geskrik dat hy net daar, so groot as wat hy is, op die grond neergeslaan het. Hy het in elk geval nie meer krag in sy lyf gehad nie, want hy het die hele dag en nag niks geëet nie. |