1 Samuel 28:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid vir Agis: Jy sal sekerlik weet wat jou dienaar kan doen. Toe sê Agis vir Dawid: Daarom sal ek jou vir altyd as wagter oor my hoof aanstel.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sekerlik!” sê Dawid. “Dan kan u self sien waartoe ons in staat is.” Akis sê vir hom: “Goed, ek stel jou permanent aan as my persoonlike lyfwag.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Dawid vir Agis: Goed, u weet wel wat u dienaar moet doen. En Agis sê vir Dawid: Goed, ek sal jou vir altyd aanstel as my lyfwag.
Afrikaans 1983 En Dawid het vir Akis gesê: “Maar u weet tog wat ek nog altyd doen.” Toe sê Akis vir Dawid: “Daarom stel ek jou vir goed aan as my lyfwag.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het Agis geantwoord: “In daardie geval sal u self agterkom wat u dienaar kan doen.” Waarop Agis toe vir Dawid sê: “Goed dan, ek stel jou aan as my permanente lyfwag.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het vir Akis gesê: “Ja, goed, jy sal self sien ek sal jou dien.” Akis sê toe vir Dawid: “Goed, dan moet jy my altyd oppas.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar natuurlik,” het Dawid geantwoord. “U Majesteit sal self sien wat ek kan doen.” “Goed so,” het Akis gesê. “Dan is jy, so lank as wat die oorlog aanhou, my persoonlike lyfwag.”