1 Samuel 28:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder sal die HERE ook Israel saam met jou oorgee in die hand van die Filistyne; en môre sal jy en jou seuns by My wees; die HERE sal ook die leër van Israel in die hand van die Filistyne gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Trouens, die Here sal Israel saam met jou oorgee in die mag van die Filistyne sodat jy en jou seuns ook môre hier by my sal wees. Die Here sal toesien dat die Filistyne die hele leër van Israel verslaan.”
Afrikaans 1933/1953 En die HERE sal Israel ook saam met jou in die hand van die Filistyne gee, en môre sal jy met jou seuns by my wees; ook die leër van Israel sal die HERE in die hand van die Filistyne gee.
Afrikaans 1983 Die Here sal Israel saam met jou in die mag van die Filistyne oorgee, en môre sal jy en jou seuns by my wees. Die Here sal ook die leër van Israel oorgee in die mag van die Filistyne.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here sal ook Israel saam met jou in die hand van die Filistyne oorgee. En môre sal jy en jou seuns by my wees. Ook die leër van Israel sal die Here in die hand van die Filistyne oorgee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sal die Filistyne laat wen teen die Israeliete en teen jou, en môre sal jy en jou seuns by my wees. Die Here sal die Filistyne laat wen teen die manne van Israel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here gaan die Israeliete saam met jou aan die Filistyne oorgee. Môre sal jy en jou seuns by my in die onderwêreld wees. Ja, die Here gaan die leër van Israel teen die Filistyne laat verloor.”