1 Samuel 28:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat jy nie na die stem van die HERE geluister het en sy gloed van grimmigheid nie teen Amalek laat optree het nie, daarom het die HERE hierdie ding vandag aan jou gedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here doen dit omdat jy nie sy bevele oor die Amalekiete gehoorsaam het en hulle gestraf het nie. Dis hoekom die Here vandag so maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Omdat jy nie na die stem van die HERE geluister en die gloed van sy toorn teen Amalek nie uitgevoer het nie, daarom het die HERE jou vandag hierdie ding aangedoen. |
| Afrikaans 1983 | want jy het nie die bevel van die Here gehoorsaam nie en sy gloeiende toorn nie op Amalek gewreek nie. Daarom het die Here jou nou hierdie ding aangedoen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat jy nie na die stem van die Here geluister het nie, en nie sy brandende toorn oor Amalek voltrek het nie, daarom doen die Here dit vandag aan jou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het dit gedoen omdat jy ongehoorsaam was aan Hom. Hy was kwaad vir die Amalekiete, en jy het nie gedoen wat Hy vir jou gesê het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here doen dit aan jou omdat jy nie na Hom wou luister nie. Hy was kwaad vir die Amalekiete en jy moes hulle uitgeroei het. |