1 Samuel 28:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het aan hom gedoen soos Hy deur my gespreek het, want die HERE het die koningskap uit jou hand geskeur en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het gedoen net soos Hy deur my gesê het Hy sou doen. Hy het die koningskap van jou weggeneem en dit vir iemand anders, vir Dawid, gegee.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE het dan vir Homself gedoen soos Hy deur my diens gespreek het, en die HERE het die koningskap uit jou hand geskeur en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee.
Afrikaans 1983 Die Here het gedoen soos Hy deur my gesê het. Die Here het die koningskap van jou afgeskeur en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het aan jou gedoen soos Hy deur my bekend gemaak het: Die Here het die koningskap uit jou hand geruk en dit aan jou medemens, aan Dawid, gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gedoen wat Hy gesê het. Hy het my gestuur om vir jou te sê jy sal nie meer koning wees nie, Hy sal 'n ander man koning maak. Daardie man is Dawid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here doen maar net wat ek vir jou gesê het Hy gaan doen: Hy het jou koningskap van jou afgeskeur en dit aan iemand anders, aan Dawid, gegee.