1 Samuel 28:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Samuel: Waarom vra jy my dan, terwyl die HERE van jou gewyk het en jou vyand geword het?
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Samuel antwoord hom: “Waarom vra jy my dan as die Here jou verlaat het en jou vyand geword het?
Afrikaans 1933/1953 En Samuel sê: Maar waarom raadpleeg jy my terwyl die HERE van jou gewyk en jou vyand geword het?
Afrikaans 1983 Maar Samuel sê: “Waarom raadpleeg jy mý dan as die Here jou verlaat en jou teëstander geword het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Samuel: “En waarom raadpleeg jy my, as die Here van jou gewyk en jou teenstander geword het?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Samuel het gesê: “Die Here het weggegaan van jou en Hy het jou vyand geword. Hoekom vra jy nou vir mý om jou te help?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Samuel sê vir hom: “Maar hoekom kom vra jy mý as die Here die rug vir jou gedraai en jou vyand geword het?