1 Samuel 28:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Samuel vir Saul: Waarom het jy my onrustig gemaak om my op te bring? En Saul antwoord: Ek is baie benoud; want die Filistyne voer oorlog teen my, en God het van my gewyk en antwoord my nie meer deur profete of drome nie; daarom het ek jou geroep, dat jy my bekend kan maak wat ek moet doen.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hoekom pla jy my deur my op te roep?” vra Samuel. “Ek is baie beangs,” antwoord Saul. “Die Filistyne maak oorlog teen my en God het my ook verlaat. Hy antwoord my nie meer deur óf profete óf drome nie. Daarom het ek u laat oproep om vir my te sê wat ek moet doen.”
Afrikaans 1933/1953 En Samuel sê vir Saul: Waarom verontrus jy my deur my te laat opkom? En Saul antwoord: Ek is baie benoud, want die Filistyne voer teen my oorlog, en God het van my gewyk en antwoord my nie langer deur die diens van die profete en ook nie deur drome nie; daarom het ek u geroep om my bekend te maak wat ek moet doen.
Afrikaans 1983 Samuel het vir Saul gevra: “Waarom steur jy my deur my te laat opkom?” En Saul antwoord: “Ek is baie bang, want die Filistyne veg teen my, en God het my verlaat. Hy antwoord my nie meer nie, nie deur profete nie en ook nie deur drome nie. Daarom het ek u opgeroep om my in te lig oor wat ek moet doen.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Samuel sê toe vir Saul: “Waarom steur jy my deur my te laat opkom?” Saul het geantwoord: “Ek is baie benoud. Die Filistyne voer teen my oorlog en God het van my gewyk. Hy antwoord my nie meer nie, nóg deur die profete, nóg deur drome. Toe het ek u opgeroep om aan my te kenne te gee wat ek moet doen.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Samuel het vir Saul gesê: “Hoekom is jy lastig? Hoekom laat jy my kom?” Saul sê toe: “Ek het baie probleme. Die Filistyne maak oorlog teen my, en God het weggegaan van my. Hy het my nie geantwoord nie, nie met die profete nie en nie met drome nie. Toe het ek vir jóú geroep, jy moet vir my sê wat ek moet doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Samuel vra toe vir Saul: “Hoekom pla jy my? Hoekom laat jy my oproep?” Saul antwoord hom: “Ek is baie diep in die moeilikheid: die Filistyne maak oorlog teen my, en God het my verlaat. Hy antwoord my nie meer nie, nie deur profete of drome nie. Ek het jou laat oproep om te hoor wat ek moet doen.”