1 Samuel 28:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir haar: Van watter gestalte is hy? En sy sê: 'n Ou man kom op; en hy is bedek met 'n mantel. Toe Saul bemerk dat dit Samuel was, het hy met sy aangesig na die aarde gebuk en gebuig.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hoe lyk hy?” vra Saul. “Dis ’n ou man met ’n mantel aan,” antwoord sy. Saul het besef dis Samuel, en hy het in eerbied voor hom op die grond neergeval.
Afrikaans 1933/1953 Hy vra haar toe: Hoe is sy voorkoms? En sy antwoord: 'n Ou man kom op met 'n mantel om. Toe Saul begryp dat dit Samuel is, buig hy met sy aangesig na die aarde toe en val neer.
Afrikaans 1983 Hy sê toe vir haar: “Hoe lyk hy?” en sy sê: “'n Ou man kom op en hy het 'n mantel aan.” Saul het toe geweet dat dit Samuel is en Saul het diep gebuig en eer aan hom betoon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy vra haar toe: “Hoe lyk hy?” Sy het geantwoord: “'n Ou man is besig om op te kom, en hy het 'n mantel om hom.” Toe weet Saul dat dit Samuel is. Hy het gekniel met sy gesig na die grond en diep neergebuig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het vir haar gevra: “Hoe lyk hy?” En sy het gesê: “Hy lyk soos 'n ou man, en hy dra 'n bo-kleed.” Saul het toe geweet dit is Samuel. Saul het gekniel en hy het laag gebuig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hoe lyk hy?” vra Saul. Sy antwoord: “Dis ’n ou man met ’n profetemantel aan.” Toe weet Saul dis Samuel. Hy het op sy knieë gaan staan en met sy gesig teen die grond gebuig.