1 Samuel 28:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die koning vir haar: Moenie bang wees nie, want wat het jy gesien? En die vrou sê vir Saul: Ek het gode uit die aarde sien opkom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie bang wees nie!” sê hy vir haar. “Wat sien jy?” “Ek sien ’n gees wat uit die onderwêreld opkom,” sê sy. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning antwoord haar: Wees nie bevrees nie; maar wat sien jy? En die vrou sê vir Saul: Ek sien 'n bonatuurlike wese uit die aarde opkom. |
| Afrikaans 1983 | Maar die koning het vir haar gesê: “Moenie bang wees nie. Wat sien jy?” en die vrou sê vir Saul: “Ek sien 'n wese uit 'n ander wêreld opkom uit die aarde.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê die koning vir haar: “Moenie bang wees nie. Maar wat sien jy?” Die vrou het vir Saul gesê: “Ek sien 'n geestelike wese besig om uit die grond op te kom.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het vir haar gesê: “Jy moenie bang wees nie. Wat sien jy?” Die vrou het gesê: “Ek sien 'n gees wat uit die aarde kom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Moenie bang wees nie,” sê koning Saul vir haar, “sê vir my wat jy sien.” Die vrou antwoord hom: “Ek sien ’n gees wat uit die onderwêreld opkom!” |