1 Samuel 28:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in dié dae het die Filistyne hulle leërs bymekaargeroep vir oorlogvoering om teen Israel te veg. Toe sê Agis vir Dawid: Weet verseker dat jy saam met my na die oorlog sal uittrek, jy en jou manne.
Afrikaans (NLV) 2011 Ongeveer hierdie tyd het die Filistyne hulle troepe saamgetrek vir ’n oorlog teen Israel. Akis sê vir Dawid: “Jy besef seker dat jy en jou manne saam met my oorlog toe sal moet gaan.”
Afrikaans 1933/1953 En toe die Filistyne in die dae hulle leër versamel vir oorlog om teen Israel te veg, sê Agis vir Dawid: Jy moet goed verstaan dat jy met my saam in die leër moet uittrek, jy en jou manne.
Afrikaans 1983 In daardie tyd het die Filistyne hulle leërs vir die stryd begin oproep om teen Israel oorlog te maak. Akis het vir Dawid gesê: “Jy weet natuurlik dat jy en jou manne saam met my in die leër moet optrek.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die Filistyne in daardie tyd hulle leërs byeenbring vir oorlog, om teen Israel te veg, het Agis vir Dawid gesê: “Jy moet goed verstaan dat jy saam met my in die leër moet uittrek, jy en jou manne.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In daardie tyd het die Filistyne hulle manne laat bymekaarkom om oorlog te maak teen die Israeliete. Akis het vir Dawid gesê: “Jy moet goed verstaan, jy en jou manne sal nou saam met my moet gaan om oorlog te maak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die Filistyne in dié tyd hulle manskappe reggekry het om teen Israel oorlog te maak, het Akis vir Dawid gesê: “Jy weet natuurlik dat jy en jou manne saam met my sal moet gaan oorlog maak.”