1 Samuel 27:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het die land verslaan en geen man of vrou in die lewe gelaat nie, en hy het die skape en die beeste en die esels en die kamele en die kleed weggeneem en teruggekeer en na Agis gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het niemand laat oorbly uit die dorpe wat hy aangeval het nie. Hy het hulle kleinvee, beeste, donkies, kamele en klere gebuit. Dan het hy teruggekeer en na Akis toe gegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En so dikwels as Dawid die land oorval, laat hy geen man of vrou lewe nie, en neem kleinvee en beeste en esels en kamele en klere saam. En as hy teruggaan en by Agis kom, |
| Afrikaans 1983 | Wanneer Dawid 'n gebied verower het, het hy geen man of vrou laat lewe nie. Hy het skape en beeste, donkies en kamele en klere buitgemaak. Dan het hy omgedraai en na Akis toe gegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer Dawid 'n landstreek aanval, het hy geen man of vrou laat leef nie, maar hy het die kleinvee, beeste, donkies, kamele en klere geneem. Wanneer hy dan terugkeer en by Agis aankom, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer Dawid 'n land aangeval het, dan het hy almal doodgemaak, mans en vroue. Dan het hy hulle klere gevat en die skape en bokke en beeste en donkies en kamele, en hy het teruggegaan. En wanneer hy by Akis gekom het, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer Dawid so ’n gebied aangeval het, het hy al die mense doodgemaak. Maar die skape en beeste en donkies en kamele en die mense se klere het hy saamgevat. Dan het hy altyd na Akis toe teruggegaan. |