1 Samuel 27:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid en sy manne het opgetrek en die Gesuriete en die Gesriete en die Amalekiete binnegeval; want daardie nasies was van ouds af die bewoners van die land terwyl jy na Sur, tot by Egipteland, kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid en sy manne het van tyd tot tyd strooptogte op verskillende groepe uitgevoer en die Gesureërs, die Geseriete en die Amalekiete aangeval. Hulle het nog altyd die gebied van Olam af op pad na Sur in die rigting van Egipte bewoon. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het met sy manne opgetrek, en hulle het die Gesuriete en die Girsiete en die Amalekiete oorval, want hulle was van ouds die bewoners van die land in die rigting van Sur en tot aan Egipteland. |
| Afrikaans 1983 | Dawid en sy manne het van tyd tot tyd opgetrek en dan het hulle die Gesureërs of die Geseriete of die Amalekiete aangeval. Dit is die mense wat die gebied bewoon van Olam af waar jy ingaan na Sur toe tot by Egipte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid en sy manne het opgetrek en aanvalle geloods op die mense van Gesur; op die mense van Geser en op die Amalekiete. Ja, hulle was die inwoners van die land wat van altyd af gestrek het van die ingang na Sur tot by Egipteland. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy en sy manne het die mense van Gesur en Geser en ook die Amalekiete gaan aanval. Dit was die mense wat lank gelede tussen Sur en Egipte gewoon het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl hy daar was, het hy en sy manne strooptogte uitgevoer op die Gesurstam, op die mense van Geser en die Amalekiete. Hierdie mense het in die streek van Telam af na Sur toe en tot by Egipte gebly. |