1 Samuel 27:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Agis hom daardie dag Siklag gegee; daarom is Siklag tot vandag toe aan die konings van Juda. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Akis gee hom toe die dorp Siklag, wat tot vandag aan die konings van Juda behoort. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop gee Agis dieselfde dag Siklag aan hom; daarom het Siklag aan die konings van Juda behoort tot vandag toe. |
| Afrikaans 1983 | Op daardie dag het Akis toe vir Siklag aan hom gegee, en daarom behoort Siklag nou nog aan die konings van Juda. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Agis het dieselfde dag nog Siklag vir hom gegee. Daarom behoort Siklag aan die konings van Juda; dit is vandag nog so. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Akis het toe die stad Siklag vir Dawid gegee. Daarom behoort Siklag tot vandag toe aan die konings van Juda. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Akis het daardie selfde dag Siklag vir Dawid gegee. Daarom behoort Siklag vandag nog aan die konings van Juda. |