1 Samuel 27:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid vir Agis: As ek nou genade in u oë gevind het, laat hulle my 'n plek gee in 'n dorp in die land, dat ek daar kan woon; want waarom sou u dienaar by u in die koninklike stad woon? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Na ’n tyd sê Dawid vir Akis: “As dit vir u aanvaarbaar is, laat ons liewer in een van die dorpe woon in plaas van in die koninklike stad.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het vir Agis gesê: As ek dan guns in u oë gevind het, laat hulle my tog 'n plek gee in een van die plattelandse stede, dat ek daar kan woon; waarom tog sou u dienaar in die koninklike stad by u woon? |
| Afrikaans 1983 | Dawid het vir Akis gesê: “As u my goedgesind is, gee my dan 'n plek in een van u buitedorpe sodat ek daar kan woon. Waarom moet ek saam met u in die koninklike stad woon?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het vir Agis gesê: “As ek guns gevind het in u oë, laat hulle vir my 'n plek gee in een van die buitedorpe sodat ek daar kan woon. Waarom sou u dienaar in die koninklike stad by u woon?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het vir Akis gesê: “As jy tevrede is met my, dan moet jy vir my plek gee in een van die stede weg van die stad Gat, dan kan ek daar woon. Ek is nie belangrik nie, hoekom moet ek hier in die koningstad by jou woon?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het vir Akis gesê: “Kan ek nie maar ’n plek kry in een van u plattelandse dorpe en daar gaan bly nie? Dis mos nie nodig dat ek hier by u in die hoofstad bly nie.” |