1 Samuel 27:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het by Akis in Gat gewoon, hy en sy manne, elkeen met sy huisgesin, ook Dawid met sy twee vroue, Ahinoam, die Jisreëlitiese, en Abigail, die Karmelitiese, Nabal se vrou.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het hom in Gat gevestig met sy twee vroue, Aginoam van Jisreël en Abigajil, Nabal se weduwee uit Karmel.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het by Agis gebly in Gat, hy en sy manne, elkeen met sy huisgesin; Dawid met sy twee vroue, Ah¡noam uit J¡sreël en Ab¡gail, die vrou van Nabal, die Karmeliet.
Afrikaans 1983 Dawid het by Akis in Gat gewoon, hy en sy manne met hulle gesinne, en ook sy twee vrouens Aginoam uit Jisreël, en Abigajil die weduwee van Nabal die Karmeliet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het toe by Agis in Gat gebly, hy en sy manne, elkeen met sy huisgesin, ook Dawid met sy twee vroue, Aginoam van Jisreël en Abigajil, die weduwee van Nabal van Karmel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid en sy manne het by Akis in Gat gaan woon. Elke man het ook sy huisgesin saamgeneem. Dawid se twee vroue was Aginoam van die stad Jisreël en Abigajil, die weduwee van Nabal van die stad Karmel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die manne het hulle huisgesinne ook saamgeneem. Dawid het al twee sy vroue saamgevat: Aginoam uit Jisreël en Abigajil, die weduwee van Nabal uit Karmel. Hulle het almal by Akis in Gat gebly.