1 Samuel 27:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Agis het Dawid geglo en gesê: Hy het sy volk Israel 'n afsku van hom gemaak; daarom sal hy vir ewig my dienaar wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Akis het Dawid vertrou en gedink: “Teen hierdie tyd is hy sekerlik in onguns by die Israeliete. Nou sal hy hier moet bly en vir altyd my onderdaan wees.”
Afrikaans 1933/1953 En Agis het Dawid vertrou en gesê: Hy het homself vir goed by sy volk, by Israel, gehaat gemaak en sal vir altyd my onderdaan wees.
Afrikaans 1983 Akis het vir Dawid vertrou, want hy het gedink: hy het vir goed by sy volk Israel in onguns geraak. Hy sal altyd my onderdaan wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Agis het Dawid vertrou, en gedink: “Hy het hom so afstootlik gedra by sy volk Israel dat hy vir altyd my dienaar sal wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Akis was nie bekommerd oor Dawid nie, hy het gedink: Dawid se eie mense in die volk Israel praat baie sleg van hom, hy sal altyd vir my moet werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Akis het Dawid vertrou. Hy het gedink Dawid het sy naam so sleg gemaak by sy eie mense in Israel dat hy altyd vir hom wat Akis is, sou werk.