1 Samuel 27:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Agis sê: Waarheen het jy vandag 'n pad gemaak? Toe sê Dawid: Teen die suide van Juda en teen die suide van die Jeragmeeliete en teen die suide van die Keniete. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer Akis vra: “Waar het jy vandag ’n strooptog uitgevoer?” antwoord Dawid: “In die suidland van Juda,” of: “In die suidland van die Jeragmeëliete,” of: “In die suidland van die Keniete.” |
| Afrikaans 1933/1953 | vra Agis: Waar het julle vandag 'n inval gedoen? Dan sê Dawid: In die Suidland van Juda en in die Suidland van die Jeragmeëliete en in die Suidland van die Keniete. |
| Afrikaans 1983 | En as Akis vra: “Vir wie het julle nou weer oorval?” antwoord Dawid: “Die Suidland van Juda” of “die Suidland van die Jeragmeëliete” of “die Suidland van die Keniete.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | vra Agis: “Waar het julle vandag 'n aanval geloods?” Dawid sê dan: “In die Negev van Juda”, of “teen die mense van Jeragmeël in die Negev”, of “teen die Keniete in die Negev”. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan het Akis gevra waar hulle daardie dag mense aangeval het en die mense se goed gevat het. Dan het Dawid gesê hulle het die mense in die Suid-land van Juda aangeval of die Jeragmeël-families of die Keniete in die Suid-land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As Akis hom dan vra: “Waar het julle nóú weer ’n strooptog uitgevoer?” antwoord Dawid: “In die Negev van Juda,” of “in die Negev waar die Jeragmeëlfamilie bly,” of “in die Negev waar die Keniete bly.” |