1 Samuel 27:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid in sy hart: Ek sal nou eendag deur die hand van Saul omkom; en Saul sal van my wanhopig wees om my verder te soek in enige gebied van Israel; so sal ek uit sy hand ontvlug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid dink toe by homself: “Eendag sal Saul my nog doodmaak. Dis beter dat ek vlug en by die Filistyne gaan woon. Dan sal Saul ophou om my oral in Israel te soek en ek sal veilig wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het by homself gesê: Nou sal ek een van die dae omkom deur die hand van Saul; daar is vir my niks goeds nie, tensy ek dadelik ontsnap na die land van die Filistyne; dan sal Saul die hoop opgee om my langer in die hele grondgebied van Israel te soek, en ek sal uit sy hand ontsnap. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het by homself gedink: ek sal nog eendag deur Saul omkom. Daar bly vir my niks anders oor nie as om uit te wyk na die land van die Filistyne toe. Dan sal Saul ophou om langer oral in die gebied van Israel na my te soek. So sal ek van hom af wegkom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het vir homself gesê: “Nou gaan ek op 'n dag deur die hand van Saul weggevee word. Daar is vir my niks beter nie as om uit te wyk na die land van die Filistyne. Dan sal Saul moed opgee oor my, om verder na my te soek in die hele gebied van Israel. Ek sal so aan sy hand ontvlug.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het gedink: Eendag sal Saul my kry en dan sal hy my doodmaak. Dit sal beter wees as ek wegvlug na Filistyne-land, dan sal Saul ophou om my oral in die land Israel te soek. So sal ek wegkom van hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het vir homself gesê: “Eendag is eendag, dan val ek nog in Saul se hande. Dit sal beter wees as ek so gou moontlik padgee na die Filistyne se gebied toe; dan sal Saul ophou om my oral in Israel te soek. So sal ek van hom ontslae raak.” |