1 Samuel 26:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid vir Abísai: Verdelg hom nie, want wie kan sy hand uitsteek teen die gesalfde van die HERE en onskuldig wees?
Afrikaans (NLV) 2011 “Nee!” sê Dawid. “Moenie hom doodmaak nie. Hoe kan iemand sy hand teen die gesalfde van die Here laat uitgaan en nog onskuldig wees?
Afrikaans 1933/1953 Maar Dawid sê vir Ab¡sai: Bring hom nie om nie, want wie slaan sy hand aan die gesalfde van die HERE en bly ongestraf?
Afrikaans 1983 Maar Dawid het vir Abisai gesê: “Jy moet hom nie om die lewe bring nie, want wie sal sy hand oplig teen die gesalfde van die Here en nog onskuldig wees?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Dawid sê vir Abisai: “Moet hom nie uitwis nie. Want wie kan sy hand teen die gesalfde van die Here uitsteek en onskuldig wees?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Dawid het vir Abisai gesê: “Moenie hom doodmaak nie. As iemand iets doen teen die gesalfde van die Here, dan moet hy weet die Here sal hom straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nee, moenie hom doodmaak nie,” fluister Dawid vir Abisai. “Iemand wat sy hand teen die Here se gesalfde oplig, sal nie ongestraf bly nie.