1 Samuel 26:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Abísai vir Dawid: God het vandag jou vyand in jou hand gegee; laat my hom dan tog dadelik met die spies tot op die aarde slaan, en ek sal hom nie die tweede keer verslaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “God het hierdie keer beslis jou vyand aan jou oorgelewer!” fluister Abisai vir Dawid. “Laat ek hom nou met die spies in die grond vassteek. Ek sal dit nie ’n tweede keer hoef te doen nie!”
Afrikaans 1933/1953 En Ab¡sai sê vir Dawid: Vandag het God u vyand in u hand oorgelewer; laat ek hom tog nou met sy spies in een slag teen die grond vassteek sonder om dit 'n tweede keer te doen.
Afrikaans 1983 Abisai het vir Dawid gesê: “God het jou vyand nou in jou mag oorgegee. Laat ek hom nou sommer hier met die spies in die grond vassteek. Ek sal hom nie 'n tweede keer hoef te steek nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Abisai sê toe vir Dawid: “God het vandag jou vyand in jou hand oorgelewer. Laat ek hom tog nou met die vegspies in die grond vaspen met een steek. Ek sal dit nie 'n tweede keer hoef te doen met hom nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Abisai vir Dawid: “God het jou vandag gehelp om jou vyand te vang. Ek sal hom met my spies in die grond vassteek. Ek sal dit net een maal doen, dan sal hy dood wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “God het vannag jou vyand in jou mag gegee,” fluister Abisai vir Dawid. “Laat ek hom nou met een hou met die spies deurboor. Net een steek sal genoeg wees.”