1 Samuel 26:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop het Dawid en Abísai in die nag by die volk gekom, en kyk, Saul lê en slaap in die sloot, en sy spies het by sy skut in die grond gesteek, maar Abner en die manskappe het rondom hom gelê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid en Abisai het toe in die nag Saul se kamp binnegesluip terwyl hy vas aan die slaap was. Sy spies het aan sy koppenent in die grond gesteek. Abner en sy manskappe rondom hom het almal vas geslaap. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Dawid met Ab¡sai in die nag by die manskappe kom, lê Saul daar en slaap in die wa-laer met sy spies aan sy koppenent in die grond gesteek, terwyl Abner en die manskappe rondom hom lê. |
| Afrikaans 1983 | Dawid en Abisai het daardie nag by die manskappe van Saul gekom, en Saul was vas aan die slaap op die wa terwyl sy spies aan die koppenent in die grond steek en Abner en die manskappe rondom hom lê en slaap. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid en Abisai het in die nag tot by die manskappe gekom, en sowaar, daar lê Saul vas aan die slaap in die oornagkamp, met sy vegspies in die grond gesteek by sy kop, terwyl Abner en die manskappe rondom hom lê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid en Abisai het in die nag by Saul se manne gekom. Saul het daar in die kamp gelê en slaap. Sy spies het regop gestaan naby sy kop. Abner en die manne het rondom hom gelê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe dit pikdonker is, sluip Dawid en Abisai by die manskappe verby, en jou waarlik, daar lê Saul vas aan die slaap met Abner en die manskappe in ’n kring om hom. Sy spies is by sy kop in die grond gesteek. |