1 Samuel 26:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe antwoord Dawid en sê vir Ahimeleg, die Hetiet, en vir Abísai, die seun van Seruja, broer van Joab, en sê: Wie sal saam met my aftrek na Saul na die laer? En Abisai sê: Ek sal saam met jou aftrek.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wie sal saam met my daarheen gaan?” vra Dawid vir Agimelek die Hetiet en Abisai, seun van Seruja, Joab se broer. “Ek sal saamgaan,” antwoord Abisai.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het begin spreek met Ahim,leg, die Hetiet, en met Ab¡sai, die seun van Seruja, die broer van Joab, en gesê: Wie sal met my saam afgaan na Saul, na die laer toe? En Ab¡sai sê: Ek sal met u saam afgaan.
Afrikaans 1983 En Dawid het vir Agimelek die Hetiet, en vir Abisai, broer van Joab en seun van Seruja, gevra: “Wie wil saam met my na Saul toe in die kamp gaan?” Abisai het geantwoord: “Ek sal saam met jou gaan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop reageer Dawid toe en vra vir Agimeleg, die Hetiet, en vir Abisai, 'n seun van Seruja en broer van Joab: “Wie gaan saam met my af na Saul, na die kamp toe?” Abisai het geantwoord: “Ek sal saam met jou afgaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het vir Agimelek van die stad Gat en vir Abisai, seun van Seruja en broer van Joab, gevra: “Wie sal saam met my na Saul se kamp gaan?” Abisai het gesê: “Ek sal saam met jou gaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Agimelek, die Hetiet, en Abisai, Joab se broer (hulle was Seruja se seuns), was by Dawid. Hy vra toe vir hulle: “Wie sal saam met my na Saul toe gaan in die kamp?” “Ék sal saam met jou gaan,” antwoord Abisai.