1 Samuel 26:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Saul het laer opgeslaan op die heuwel Hagila wat voor Jesímon lê, langs die pad. Maar Dawid het in die woestyn gebly, en hy sien dat Saul agter hom aankom in die woestyn.
Afrikaans (NLV) 2011 Saul het kamp opgeslaan langs die pad by Gakilarant, naby die woestyn waar Dawid weggekruip het. Dawid het egter gehoor dat Saul aangekom het.
Afrikaans 1933/1953 En Saul het laer opgeslaan op die heuwel Hag¡la wat vooraan die wildernis langs die pad lê, terwyl Dawid in die woestyn gebly het. Maar toe hy sien dat Saul agter hom aankom die woestyn in --
Afrikaans 1983 Saul het kamp opgeslaan langs die pad op die Gakilarant, wat teenoor die onherbergsame gebied is. Dawid het in die woestyn gebly. Toe hy hoor dat Saul tot in die woestyn agter hom aankom,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul het op die heuwel van Hagila wat in die omgewing van Jesimon langs die pad lê, kamp opgeslaan. Dawid het in die woestyn gebly. Toe hy merk dat Saul agter hom aan is in die woestyn,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het sy tente opgeslaan op die Gakila-berg naby die droë woestyn. Die tente was langs die pad. Dawid het in die woestyn gebly, en toe hy hoor dat Saul hom daar kom soek het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul het langs die pad op die Gakilarant kamp opgeslaan wat oorkant die Jeshimonwoestyn lê. Dawid was nog in die woestyn en toe hy sien Saul kom soek dáár ook na hom,