1 Samuel 26:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Saul vir Dawid: Geseënd is jy, my seun Dawid, jy sal groot dinge doen en ook nog oorwin. Toe het Dawid verder gegaan, en Saul het na sy plek teruggekeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarop sê Saul vir Dawid: “Geseënd is jy, my seun Dawid. Jy sal suksesvol wees in wat jy onderneem en seëvier.” Toe het Dawid weggegaan, en Saul het teruggekeer huis toe.
Afrikaans 1933/1953 Hierop sê Saul vir Dawid: Geseënd is jy, my seun Dawid! Jy sal groot dinge doen en sekerlik die oorhand kry. Daarop het Dawid verder gegaan, en Saul het na sy woonplek teruggekeer.
Afrikaans 1983 Saul het vir Dawid gesê: “Mag dit goed gaan met jou, my seun, Dawid. Jy sal van krag tot krag gaan en beslis ook die oorhand kry.” Daarna het Dawid sy koers ingeslaan, en Saul het omgedraai huis toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul sê toe vir Dawid: “Mag jy geseënd wees, my seun Dawid. Jy sal nie net baie vermag nie, maar beslis ook seëvier.” Daarna het Dawid sy koers gegaan, en Saul het teruggekeer na sy woonplek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het vir Dawid gesê: “My seun Dawid, ek bid dat dit goed sal gaan met jou. Ek weet die Here sal al jou planne laat slaag, dit is seker.” Dawid het toe weggegaan, en Saul het teruggegaan na sy plek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarop antwoord Saul hom: “Die Here sal vir jou goed wees, Dawid, my kind. Jy gaan nog groot dinge doen en baie sukses behaal.” Dawid het daarna sy eie koers gegaan en Saul is terug na sy plek toe.