1 Samuel 26:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE vergeld aan elkeen sy geregtigheid en sy trou, want die HERE het jou vandag in my hand gegee, maar ek wou my hand nie uitsteek teen die gesalfde van die HERE nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here beloon elke mens vir regverdigheid en getrouheid. Vandag het die Here u ten volle in my mag geplaas, maar ek het geweier om u dood te maak, want u is die gesalfde van die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE tog vergeld aan elkeen sy regverdigheid en sy getrouheid -- die HERE het u vandag in my hand gegee, maar ek wou nie my hand teen die gesalfde van die HERE uitsteek nie. |
| Afrikaans 1983 | Mag die Here elkeen volgens sy geregtigheid en trou beloon, want die Here het u vandag in my mag gegee. Maar ek was nie bereid om my hand te lig teen die gesalfde van die Here nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here is die Een wat die mens beloon vir sy regverdigheid en sy getrouheid, die Here wat u vandag in my hand oorgegee het. Maar ek wou nie my hand teen die gesalfde van die Here uitsteek nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het jou vandag vir my gegee. Ek kon jou doodgemaak het as ek wou, maar ek het besluit om niks te doen teen die gesalfde van die Here nie. Ek weet dat die Here goed doen aan mense wat reg doen en wat lewe soos Hy wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here is goed vir elke mens wat regverdig en getrou is. Hy het u vannag in my mag gegee en tog het ek nie my hand teen die Here se gesalfde opgelig nie. |