1 Samuel 26:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Saul: Ek het gesondig; keer terug, my seun Dawid, want ek sal jou geen kwaad meer aandoen nie, want my siel was vandag kosbaar in jou oë;
Afrikaans (NLV) 2011 Saul bely toe: “Ek het verkeerd gedoen. Kom terug, my seun. Ek sal nie meer probeer om jou skade te berokken nie, want jy het vandag my lewe gespaar. Ek was ’n dwaas en het baie verkeerd gedoen.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Saul: Ek het gesondig; kom terug, my seun Dawid, want ek sal jou geen kwaad meer doen nie, omdat my lewe vandag kosbaar was in jou oë; kyk, ek het dwaas gehandel en my grootliks misgaan.
Afrikaans 1983 Maar Saul het gesê: “Ek het 'n fout gemaak. Kom terug, my seun, Dawid, want ek sal nie meer verkeerd teenoor jou optree nie omdat jy vandag my lewe gespaar het. Ja regtig, ek het dwaas opgetree en 'n growwe fout gemaak.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Saul: “Ek het gesondig! Kom terug, my seun Dawid, want ek sal jou nie meer kwaad aandoen nie, omdat my lewe vandag kosbaar was in jou oë. Kyk, ek het dwaas opgetree en die spoor heeltemal byster geraak.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Saul: “My seun Dawid, ek het 'n fout gemaak. Jy moet terugkom. Jy het vandag gewys dat my lewe belangrik is vir jou, en daarom sal ek niks aan jou doen nie. Ja, ek was dom, ek het 'n baie verkeerde ding gedoen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul het geantwoord: “Ek het ’n groot fout gemaak. Kom terug, Dawid, my kind. Ek sal jou nie weer probeer doodmaak nie, want mý lewe was vandag vir jou kosbaar. Ek was regtig dom en het ’n groot fout gemaak.”