1 Samuel 26:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat my bloed dan nou nie op die aarde val voor die aangesig van die HERE nie, want die koning van Israel het uitgetrek om 'n vlooi te soek, soos wanneer 'n mens 'n patrys op die berge jag.
Afrikaans (NLV) 2011 Moet ek dan op vreemde grond sterf, ver van die teenwoordigheid van die Here? Hoekom het die koning van Israel gekom om na ’n enkele vlooi te soek? Hoekom maak hy jag op my soos op ’n patrys in die berge?”
Afrikaans 1933/1953 Laat my bloed dan nou nie op die aarde val ver van die aangesig van die HERE nie, want die koning van Israel het uitgetrek om een enkele vlooi te soek, soos 'n man 'n patrys op die berge agtervolg.
Afrikaans 1983 Laat my bloed tog nie ver van die heiligdom af op die grond val nie. Waarlik, die koning van Israel het uitgetrek om een enkele vlooi te soek soos 'n mens 'n patrys in die berge agtervolg.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat my bloed dan nou nie op die aarde val nie, ver van die teenwoordigheid van die Here. Want die koning van Israel het uitgetrek om na een vlooi te soek soos iemand wat agter 'n patrys aan is in die bergwêreld.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar jy moenie vir my laat sterf ver van die plek waar die Here is nie. Ek is so onbelangrik soos 'n vlooi, maar die koning van Israel jaag my soos 'n mens 'n voël in die berge jag.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moet tog nie dat ek op vreemde grond, ver van die Here se altaar af doodgaan nie. Het die koning van Israel regtig ’n hele leër gevat om een enkele sandluis te soek, om een ou patrysie in die berge te kom jag?”