1 Samuel 26:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Saul hom klaargemaak en na die woestyn Sif afgetrek, met drie duisend uitgesoekte manne uit Israel by hom om Dawid in die woestyn Sif te soek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saul vat toe drie afdelings uitgesoekte manskappe en vertrek om Dawid in die Sifwoestyn te vang. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Saul hom klaargemaak en afgetrek na die woestyn Sif, en met hom saam drie duisend man, uitgesoektes uit Israel, om Dawid te soek in die woestyn Sif. |
| Afrikaans 1983 | Saul het toe klaargemaak en na die Sifwoestyn toe gegaan. Saam met hom was daar drie afdelings, uitgesoektes uit Israel, om Dawid in die Sifwoestyn op te spoor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul het toe gereedgemaak en afgetrek na die woestyn van Sif. By hom was daar drieduisend man, uitgesoektes van Israel, om na Dawid in die woestyn van Sif te soek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saul het gereedgemaak en hy het na die Sif-woestyn gegaan. Daar was 3 000 manne by hom, hy het hulle gekies uit die Israeliete. Hy wou vir Dawid gaan soek in die Sif-woestyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul het toe alles agtermekaar gekry en afgegaan na die Sifwoestyn met drie groepe van die beste manne van Israel om na Dawid te gaan soek. |