1 Samuel 26:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat my heer die koning dan nou tog die woorde van sy dienaar hoor. As die HERE jou teen my opgewek het, laat Hy 'n offer aanneem; maar as hulle mensekinders is, vervloek is hulle voor die aangesig van die HERE; want hulle het my vandag verdryf om nie in die erfdeel van die HERE te bly nie, deur te sê: Gaan dien ander gode.
Afrikaans (NLV) 2011 My heer die koning moet tog nou na my luister. As die Here u teen my aangehits het, bied Hom dan ’n offer aan. Maar as dit net mense is, vervloek is hulle voor die Here. Want hulle het my uit my woonplek verdryf asof ek nie meer deel is van die volk van die Here nie. Hulle sê: ‘Gaan dien ander gode!’
Afrikaans 1933/1953 Laat my heer die koning dan nou luister na die woorde van sy dienaar: As die HERE u teen my aanhits, bied Hom dan 'n spysoffer aan; maar as dit mensekinders is -- vervloek is hulle voor die aangesig van die HERE, omdat hulle my vandag verdrywe, sodat ek my nie kan aansluit by die erfdeel van die HERE nie deurdat hulle sê: Gaan weg, dien ander gode!
Afrikaans 1983 Maar nou moet die koning tog na my luister. As dit die Here is wat u teen my aanhits, bring dan vir Hom 'n offer. Maar as dit mense is, vervloek is hulle voor die Here, want hulle het my nou uitgedryf sodat ek voel asof ek nie meer aan die volk van die Here behoort nie. Hulle het gesê: ‘Gaan dien vreemde gode.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Daarom moet my heer die koning asseblief na die woorde van sy dienaar luister: As dit die Here is wat u teen my aangehits het, laat Hy die geur van 'n •graanoffer ruik. Maar as dit mense is, vervloek is hulle voor die Here, want hulle het my vandag verdryf, weg van deelname aan die erfenis van die Here deur te sê, ‘Gaan dien ander gode!’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Meneer die koning, jy moet asseblief nou luister na wat ek sê. As dit die Here is wat vir jou sê jy moet my doodmaak, dan moet ons vir Hom 'n offer bring. Maar as dit mense is, dan hoop ek die Here sal hulle straf, want dit is húlle wat my weggejaag het uit die land van die Here. Dit is húlle wat vir my sê ek moet ander gode gaan dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Luister tog asseblief na wat ek sê, U Majesteit: As dit die Here is wat u teen my opsteek, bring dan vir Hom ’n offer. Maar as dit mense is, is hulle vervloek voor die Here, want hulle het my nou weggejaag uit die land wat aan die Here behoort en waar ek mag woon. Hulle het as’t ware vir my gesê: ‘Gaan dien maar ander gode!’